Friday 10 June 2011

GROENTESOP MET SPLITERTJIES Diabetiese

















250 ml Droe splitertjies
1.25 liter water
1 Hoenderaftrekselblokkie
1 middelsag ui gekap
1 groot geelwortel geskil en gerasper
1 groot aartappel geskil en gerasper
1 Selderystingel en blare gekap
50 ml rou perelgort
25 ml tamatiepuree
3-5 ml sout of na smaak
knippie peper

Bring splitertjies en water tot kookpunt in ‘n kastrol met inhoudsmaat van ± 4liter

Verlaag die temp en laat 25-35 min prut tot die ertjies gaar en sag is
Voeg die aftrekselblokkie groente en perelgort by die gaar ertjies
Vul die water aan indien nodig en laat die mengsel 25-30 min prut tot die groente sak is en die gort gaar is

Geur sop met tamatiepuree, sout en peper

Vul sop aan met kookwater tot 2liter en laat nog 15-20 min prut bedien warm
Glukemiese indeks: laag (31) Glukemiese lading: 6