Friday 3 June 2011

DIY - Tuinkas

Die winter maande is die ideale tyd om so 'n oulike projek aan te pak.  'n Ou afgeleefde kas het 'n nuwe kans op die lewe gekry met 'n mooi helder kleur verf en 'n paar hakkies aan die binnekant om tuin gereedskap aan op te hang.  Bietjie plakpapier aan die agterkant en 'n paar oulike potjies rond die kleur verder af.
Vierkantige sink emmers is gebruik as pakplek, maar jy kan dit uitlos of vervang met plastiek bakke wat jy goedkoop by 'n plastiek fabriekswinkel kan koop.  (Hulle kom ook in oulike kleure.)
Watter tuinier sal nou nie hou van so 'n pragtige kas nie en boonop is dit 'n komplimenterende meubelstuk vir enige stoep area.