Thursday 26 May 2011

Yskaskoekies
















Jy benodig (maak 30 koekies)

1 blik kondensmelk
1 pak versiersuiker
2 eetlepels kitskoffie
2 teelepels vanielje
250 g botter, gesmelt
2 pakkies tennisbeskuitjies
¾ koppie okkerneute, gekap

Só maak jy

Meng alles saam behalwe die beskuitjies en die okkerneute. Gebruik ’n koekroller om die beskuitjies in stukkies te breek en voeg by die kondensmelkmengsel.
Druk dit vas in ’n gesmeerde bak en strooi die okkerneute oor.
Plaas in die yskas tot gestol en sny dan in blokkies. Die koekies kan lank in die yskas gebere word.