· DIE ROOSTER: Hou jou braai rooster skoon deur dit met ‘n rou ui of ‘n rou suurlemoen te smeer sodra dit begin warm word. Dit gee ook ‘n heerlike geur aan die vleis terwyl jy braai.
· WORS: Om te keer dat wors oop bars gedurende die braai proses en al die sappige souse daar binne verloor, doop die wors voor jy dit braai in water.
· REUK: Gedroogte lemoenskil is ideaal om ‘n vuur mee aan te steek en dit gee ook ‘n heerlike reuk af.
· GEUR: Wanneer jy weer ‘n vleisie op die kole gooi, sit ‘n paar takkies van jou gunsteling kruie op die vuur. Nie net sal dit ‘n heerlike reuk afgee nie, dit sal ook ekstra geur aan die vleis gee.