Monday 3 March 2014

Melksnysels / SAGO MELKKOS / MACARONI MELKKOS / Kondensmelk Melkkos / Mikrogolf-melkkos / Melkkos




Melkkos
•1 liter vars melk
•1½ teelepel botter
•Halwe koppie suiker
•Een koppie koekmeel
•1 teelepel sout (na smaak)
Bruinsuiker

•2 eetlepels kaneel vir elke koppie strooisuiker
Metode
Gooi jou melk in 'n pot en laat kook en gooi dan die botter by. Meng droë bestanddele saam. Gooi bietjies bietjies van die kokende melk by die droë bestandele terwyl jy roer, todat dit soos koek deeg lyk, en dan gooi jy weer alles terug in die pot. Hou aan roer totdat dit lyk soos Melkkos. Bedien saam met Bruinsuiker.

OF

Mikrogolf-melkkos
Bedien 4 mense
 1 liter melk
 100 g meel
 2 ml sout
 15 ml botter
 kaneelsuiker
 Plaas melk in 'n 2 literbak, en sit in mikrogolf op 100% vir 10 minute.
 Voeg sout by meel, en frummel die botter daarin.
 Roer die droë mengsel by die melk met 'n draadklopper totdat dit klontjies vorm.
Plaas terug in mikrogolf en kook op 100% vir 4 minute tot gaar.
 Voeg kaneelsuiker by na smaak.

OF

Kondensmelk Melkkos
1 blik kondensmelk
 4 blikkies water
 (bring tot kookpunt)
1 koppie mielieblom (Maizena)
 1 ½ koppie melk
 (meng tot pasta)
Voeg by kondensmelk melk
 (kook stadig)
4 dik snye witbrood sonder korsies. Breek dit in stukkies in die melkkos. Voeg by:
 2 eetlepels botter
 Knippie sout
Roer stadig en kook stadig vir 5 minute. Strooi slegs kaneel oor, behalwe as jy ‘n erge soettand het.

OF

MACARONI MELKKOS
250 ml macaroni stukkies
1 liter melk
60 ml witsuiker
5 ml sout
50 ml vlapoeier
25 ml botter of margarien
kaneelsuiker
Kook macaroni-stukkies volgens aanwysings dreineer.
Verhit 950 ml van die melk in kastrol met dik boom, tot kookpunt.
Voeg suiker en sout by.
Meng die vlapoeier met oorblywende 50 ml melk tot pasta.
Roer dit by die kookmelk.
Verlaag hitte, roer die macaroni by, sit kastroldeksel op en laat prut.
Roer botter of margarien by en strooi kaneelsuiker by.
Sit warm voor.

OF

SAGO MELKKOS
60 ml sago geweek in 150 ml water vir ongeveer 30 minute
750 ml melk (3 kop)
2 ml sout
15 ml botter of bak margarien
10 ml koekmeel
5 ml maizena
2 ml bakpoeier
1 ekstra groot of jumbo eier - geskei
kaneelsuiker - na smaak.
Bring 600 ml van die melk tot kookpunt saam met die sout en botter en voeg dan die sago by.
Stel hitte op laag en prut terwyl aanhoudend geroer word, om aanbranding te voorkom, totdat sago sag en deurskynend is, ongeveer 5 - 8 minute.
Klits eiergeel, koekmeel, maizena en bakpoeier saam met die oorblywende 150 ml melk tot gemeng en voeg by
kokende mengsel.
Kook alles nou goed deur tot gaar vir ongeveer 'n verdere 3 minute.
Verwyder pot van stoof.
Klits eierwit tot styf en vou nou die eierwit liggies in die melkkos in.
 Skep op in bakkies en strooi kaneelsuiker bo oor volgens smaak.

OF

Slinger om die smoel melksnysels
Metode
Melksnysels word gemaak van deeg wat jy dun uitrol, in dun stukkies sny en dan in melk kook. As jy die deeg oprol voor dit gesny word, maak dit langer snysels en raak moeiliker om te eet. Vandaar die naam “slinger-om-die-smoel”.
3 eiers
1 teelepel sout
1½ koppie meelblom
Water om mee aan te maak
5 koppies melk
2 stukke pypkaneel
Klits die eiers en voeg die sout by
Sif die meelblom daarby en meng goed
Voeg net genoeg water by om ‘n stywe deeg te vorm
Knie die deeg tot dit lekker elasties is
Strooi meel oor ‘n deegplank, of op jou vreeslike deftige granietblad
Rol die deeg so 6 mm dik op die plank uit
Strooi meelblom oor die uitgerolde deeg
Rol die deeg van die een kant af op en sny dit met ‘n skerp mes in dun wiele
Die mes moet skerp wees, anders druk die deeg plat en moet jy weer van voor af uitrol
Strooi meel oor die snysels
Kook nou die melk, waarby die pypkaneel gevoeg is
Sodra die melk begin borrel, word die snysels geleidelik daarin gegooi
Roer liggies sodat die snysels los van mekaar is
Sit deksel op en laat stadig kook vir 20 tot 25 minute
Skep op in diep borde en dien op met kaneelsuiker