Friday 5 June 2020

Speelplek vir ure

Garden and Home Diary het hierdie oulike foto geplaas.  Dit is so 'n goeie inspirasie vir mense wat 'n speelplek vir hul kinders in die tuin wil inrig. 

Gebruik ou potte en panne (dis tyd dat manlief vir jou 'n nuwe stel koop, in elke geval)
as speelgoed in hierdie speel tuin.  Daarmee saam kan mens deesdae swartbord verf koop wat jy moeiteloos op enige oppervlak kan verf sonder ure se voorbereiding.  Voeg daarby 'n sif uit die kombuis, 'n grafie of opskep lepel of twee en 'n paar kinderspeelgoed en jy het ure se besighou vir 'n seuntjie of dogtertjie.