Friday 12 June 2020

'n Tuin vol blomme aan een struik

Lynette van Niekerk het hierdie oulike foto met ons gedeel op ons blad wat ons laat dink het.  Plant 'n bougainvillea in jou tuin.
Jy sal nie spyt wees nie, wel jy sal dalk kla oor 'n paar blomblare wat jy op die grond sien val, maar is dit nie ter selfde tyd so mooi nie?  Dink net hoe jy jou tuin of braaiplek kan omskep in 'n:  "Mediterranean oasis".  Dink aan Griekeland en Italie en hoe mooi dit altyd lyk met die mougainvilleas.  Dis regtig 'n plant wat eintlik vir homself sorg.  Maar daar is baie inligting op die internet beskikbaar as jy meer wil uitvind.