Friday, 7 September 2018

Kaas-en-spek-broodkoek vir ontbyt



Kaas-en-spek-broodkoek vir ontbyt
1 groot Franse brood
6 eiers
375 ml melk
250 g spek
1 ui
30 ml botter
250 g sampioene
1 groen soetrissie
1 tamatie
250 ml kaas
olie
pietersielie
sout
peper
Metode
1.Klits melk en eiers, giet oor brood en laat staan eenkant.
2.Braai spek en uie in olie tot amper bros. Verwyder van hitte.
3.Gooi botter en sampioene in 'n koue pan en laat stadig gaar word. Hou eenkant.
4.Verhit oond teen 200 ˚C. Smeer groenrissie met bietjie olie en besprinkel met sout. Bak vir sowat 30 tot 40 minute of tot daar bruin blase op rissie vorm. Haal uit oond en plaas in 'n bak wat met kleefplastiek bedek is. Wanneer afgekoel, haal die skil af en sny in blokkies.
5.Roer spek, sampioene, groenrissie, tamatie, kaas en pietersielie by brood-mengsel. Geur met sout en peper.
6.Skep in groot muffin panne en bak vi 20 tot 30 minute of tot bruin en eier gestol is. Bedien dadelik