Wednesday 8 August 2018

Vleis en groente frikkadelle



Vleis en groente frikkadelle
Bestanddele:
1 middelslag-wortel
1 murgpampoentjie
2 knopiesampioene
Halwe appel met die skil
Halwe ui, geskil
30ml vars pietersielie
250g maalvleis
15ml tamatiesmeer
1 eier
50ml droë broodkrummels
Metode:
Verhit die oond tot 180 grade. Smeer 2 mini-muffinpannetjies met olyfolie. Kap die wortel, murgpam­poentjie, sampioene, appel, ui en pietersielie fyn in die voedselver­werker. Voeg die maalvleis, tamatie-smeer, eier en broodkrummels by en meng goed deur met ’n vurk. Vorm klein frikkadelletjies deur die mengsel met ’n 15 ml-meetlepel te skep en met ’n teelepel in die pannetjie te sit. Sodoende kry jy ’n mooi ronde vormpie. Bak vir 10-15 minute tot gaar.