Wednesday 8 August 2018

Spaanse aartappelomelet



Spaanse aartappelomelet
Bestanddele
1 e botter
e olyfolie
1 rooi-ui, in dun skyfies gesny
1 rooi soetrissie, in klein blokkies gesny
2 knoffelhuisies, fyngekap
½ t gerookte of gewone paprika
500 g aartappels, gewas, halfgekook en in dun skyfies gesny
sout en vars gemaalde swartpeper, na smaak
½ k brosgebraaide spek, gekap (opsioneel)
2 e groen olywe, gekap
ekstra botter, indien nodig
2 e grasuie, gekap
2 e vars pietersielie, gekap
10 eiers, geklop
Aanwysings
1.Smelt die botter saam met die olyfolie in ’n kleefvrye pan. Voeg die ui, rooi soetrissie, knoffel en paprika by en soteer totdat die ui sag is. Voeg die aartappels by en geur met sout en peper. Kook liggies vir 5 minute en voeg ’n bietjie water by as dit lyk of die aartappels gaan aanbrand.
2.Sprinkel die spek oor die aartappels as jy dit gebruik, gevolg deur die olywe. Voeg nog ’n bietjie botter by die pan indien nodig.
3.Meng die kruie met die geklopte eiers en giet die mengsel oor die aartappels. Kook liggies totdat die basis van die omelet goudkleurig is en dit bo-op amper gestol het. Sit ’n grootbord bo-op die pan en draai die omelet om. Laat dit terug in die pan gly vir ’n paar minute om heeltemal gaar te word.
4.Laat gly die omelet uit die pan op ’n opdienbord, sny en sit voor met ’n heerlike slaai met alles daarin!
(Jenny Morris)