ROMANY CREAM POEDING
ROMANY CREAM POEDING - Trix Pienaar
Een romany cream beskuitjie elk in ‘n geblikte perske helfte op ‘n oondpan – sit dit sommer in jou muffinpanne.
Skep 3 – 4 of meer eetlepels ideal melk oor elkeen – laat staan tot koekie sag is.
Bak dan net voor jy poeding bedien in ‘n lekker warm oond 200°C vir 10 - 12 minute.
Bedien met geklopte room.
Jy kan ook ‘n skoot amarula oor elke koekie skep voor die ideal melk – vir ekstra skop!