Wednesday 8 August 2018

ONTBYT WAFEL



ONTBYT WAFEL
4 eiers, geskei
2½ koppies melk
160 ml olie
3 eetlepels suiker
1 eetlepel sout
3 koppies koekmeelblom, gesif
2 eetlepels bakpoeier
METODE:
Meng die eiergele, melk en olie saam in ‘n mengbak.
Voeg die droë bestanddele by en klits tot 'n gladde beslag.
Klits die eierwitte tot sagtepunt-stadium en vou in die beslag in.
Giet die mengsel in ‘n warm wafelpan en sprinkel 2 eetlepels van die vulsel daaroor.
Maak toe en bak tot gaar.
Vulselidees:
Gekookte eier, bros spek, gaar wors in skyfies gesny, gaar skelvis, gebraaide uie, kersietamaties, gekapte pietersielie, beleë Cheddarkaas.
(RSG Resepte)