Tuesday, 28 August 2018

MOUTMELKDRANKIES OM DIE KOUE AF TE WEER



MOUTMELKDRANKIES OM DIE KOUE AF TE WEER
Genoeg vir: 12
Bereidingstyd: 10 minute
• 120 ml moutdrankie-poeier (soos Ovaltine)
• 1,25 liter kookwater
• 250 ml melk
• 1 pakkie mini-malvalekkers
• wafelkoekies
1. Los die moutdrankie-poeier in 1,25 liter kookwater op en voeg die melk by.
2. Gooi dit in bekers en rond af met mini-malvalekkers. Sit voor saam met wafelkoekies.
(Idees)