Tuesday, 28 August 2018

MAALVLEISROL MET KAAS



MAALVLEISROL MET KAAS
1 kg maer maalvleis
1 med uie fyn gekap
1 eier geklits
50 ml Mrs Balls Blatjang
50 ml Honey & Mustard Slaai sous 50 ml Sweet Chilli sous
30 ml Tamatiesous Meng goed saam
Speserye:
5 ml van elk: Sout BBQ Robertsons Pasta (Sprinkles)
Mince Royco Sparerib Marinade (pakkie)
Steak & Tjops
1 ml knoffel fyn gekap (opsioneel)
Meng al die bogenoemde bestandele saam in een groot bak.
1 koppie mozzarella kaas gerasper
1 koppie cheddar kaas gerasper Skyfies cheddar kaas (met n skiller gesny)
Spuit 'n brood pannetjie ongeveer 30cm x 10 cm met “spray-n-cook”.
Vat n stuk plastiek “glad wrap” ongeveer 50 cm lank en gooi die maalvleis mengsel bo-op en druk plat, sodat die vleis die hele plastiek bedek. (Dit moet nie groter wees as wat die pannetjie is nie).
Gooi die mozzarella kaas bo-oor die vleis gevolg deur die skyfies kaas.
Rol die vleismengsel met hulp van die plastiek soos n rolkoek op.
Plaas in jou brood pannetjie, strooi die gerasperde Cheddar kaas oor en bak in die oond vir ongeveer 1uur of tot gaar (180C). Bedien met kapok aartappels (smash) of rys en ‘n gemengde slaai of groente.