Wednesday 8 August 2018

Judy se stampmielie-wildsvleis



Judy se stampmielie-wildsvleis
Bestanddele
2 kg wildsvleis, in stukke gesny
8 sakkies rooibostee
1 liter kookwater
1 knoffelhuisie
handvol varkspek
sout en peper
Metode
Trek die tee in die kookwater, en haal die teesakkies uit.
Voeg al die bestanddele in 'n drukkoker.
Kook tot sag vir 1 - 2 ure.
Bedien op stampmielies, mielierys of koring.
Dis heerlik saam met gestoofde vrugte.
(RSG)