Friday 6 July 2018

SNOEK SAAM MET SOETPATAT-TERT EN PATAT-ROOSTERKOEK



SNOEK SAAM MET SOETPATAT-TERT EN PATAT-ROOSTERKOEK
SOETPATAT-TERT
5 groot patats
250 g botter
160 g bruinsuiker
50 ml water
knippie sout
1 e fyn kaneel
1½ e suurlemoensap
1 t fyn gemmer
2 e vanieljegeursel
2 eierwitte

SOETPATAT-TERT
Was en skil die patats voor jy dit in skywe sny. Smelt die botter en suiker in ’n pot. Voeg die patat, water, sout, kaneel en ’n eetlepel suurlemoensap by. Kook vir ongeveer 15-30 minute tot die patat sag is. Skep die patat in oondbak, en hou een koppie van die stroop eenkant. Meng die gemmer, vanieljegeursel, orige suurlemoensap en patatstroop, en skep die mengsel oor die patat in die oondbak. Klop die eierwitte liggies, en skep oor die patat. Bak teen 180°C vir 30-40 minute tot bruin.

PATAT-ROOSTERKOEK
500 ml kookwater
2 medium patats
2 pakkies kitsgis
125 ml lou water
10 ml sout
2,5 kg koekmeel

PATAT-ROOSTERKOEK
Was, skil en rasper die patats. Gooi die kookwater oor die gerasperde patat en laat dit afkoel. Meng die kitsgis en lou water saam. Voer die gismengsel en sout by die afgekoelde patat en meng goed. Sit die mengsel in ’n houer met ’n deksel en maak dit dig toe. Skud goed. Maak dit warm toe en laat dit vir 6-8 ure of oornag staan om ’n gis te vorm. Gooi die patatgis deur ’n sif om net die gisvloeistof te vang. Knie hierdie vloeistof saam met die meel en ’n knippie sout tot die deeg nie meer aan jou hande vassit nie (omtrent 10 minute). Maak die bak vir ongeveer 10 minute toe en laat die deeg rus. Knie die deeg af vir ’n 2 minute en bedek dit weer om te rys vir 30 minute. Vorm dik worse en sny dit in stukke. Sit die deegstukkies op die rooster oor lou kole. Draai dit elke 5 minute om en braai tot dit lig is (omtrent 10-15 minute). Wanneer jy daarop klop en dit klink hol, is die roosterkoek gaar.
SNOEK
1 snoek
½ k mayonnaise
½ k suurlemoensap
½ k appelkooskonfyt
SNOEK
Meng die mayonnaise, suurlemoensap en konfyt saam. Verf dit oor die snoek en braai tot gaar. Bedien die snoek saam met ’n soetpatat-tert of patat-roosterkoek.
(Resep deur Francis van der Poll)