Friday 6 July 2018

Pannekoek stapel poeding



Pannekoek stapel poeding

Klaar gaar pannekoek - afgekoel
Blikkie karamel
250ml room styfgeklits Met 5ml vanilla en 2,5ml karamel geursel
 Vla

Smeer helfte van die pannekoeke Met karamel en die ander helfte Met die styfgeklopte room
Maak stapel Met een karamel pannekoek dan room pannekoek
Herhaal so hoog jy verkies- oppas vir te hoog dan gaan jou stapel begin gly
Eindig Met vla bo-oor


Kobie se maklike pannekoek
Bestanddele
1 koppie koekmeel
¼ teelepel sout
½ teelepel bakpoeier
2 eiers
2 koppies water (of 1 koppie melk en een koppie water)
1 eetlepel olie

Metode
Sif droë bestandele saam.
Klits die eiers en voeg melk/water om die beurt by.
Bak op plaat in 'n kleefvrye pan.
Die pannekoek is gaar sodra borrels op die oppervlak verskyn.
Bedien met suiker, kaneel en botter.
(RSG)