Tuesday, 24 July 2018

Mielie-en-kaas-bierbrood



Mielie-en-kaas-bierbrood
Bierbrood:
500 ml bruismeel
5 ml sout
1/2 k mieliepitte
1 blikkie bier
15 ml grasuite
100 g kaas
100 g botter
Konfyt:
500 g spek
3 rooi uie
3 huisies knoffel
60 ml balsamiese asyn
60 ml rooiwyn-asyn
200 ml bruinsuiker
500 ml rooiwyn
5 ml sout
15 ml Worcester-sous
Metode
Vir die bierbrood:
1.Voorverhit oond teen 180 °C.
2.Meng droë bestanddele saam en voeg mieliepitte, grasuie, kaas en bier by. Meng goed.
3.Plaas in 'n gesmeerde broodpan. Giet 'n bietjie botter oor die ongebakte brood.
4.Bak vir sowat een uur – afhangende van die grootte van jou pan.

Vir die konfyt:
1.Kap die spek fyn en voeg in 'n groot pot oor hoë hitte.
2.Voeg uie by en braai tot deurskynend.
3.Voeg knoffel, balsamiese asyn en rooiwyn-asyn by en roer.
4.Meng suiker, rooiwyn, en sout by. Bring tot kookpunt en roer totdat suiker oplos.
5.Laat die mengsel prut vir sowat 35 tot 40 minute totdat 'n dik stroop vorm.
6.Voeg nou die Worcester-sous by en kook vir 'n verdere drie tot vyf minute
7.Laat afkoel en plaas in gesteriliseerde botteltjies. Stoor in yskas.