Tuesday 24 July 2018

3 Bestanddele Piesangbrood



3 Bestanddele Piesangbrood

Bestanddele:...
6 ryp piesangs
500 g bruismeel
1 blikkie (400 ml) klapperroom

Metode:
Maak die piesangs fyn in jou mengbak.
Roer die meel by. Roer die klapperroom by.
Smeer jou oondpannetjie. Bak teen 180 grade Celsius vir 55 - 60 minute.
Kan klein bietjie (5ml) fyn kaneel by broodjie in roer. Dit gee dit net ʼn dieper smaak. En moet nie die knippie sout vergeet nie!
Geniet dit met ontbyt, saam met tee of sommer net vir die lekker. So n piesangbrood maak n heerlike brood -en –botterpoeding.
Jy kan snytjies piesangbrood in eier doop en dit vir ontbyt braai as French Toast.
So veeldoelig. Geniet dit sommer net met dik botter!