Thursday, 28 June 2018

LEMOEN STROOPKOEK



LEMOEN STROOPKOEK
1 koppie sagte botter
1 kop suurmelk
2 eiers
2 el versuikerde lemoenskil
koppie gekapte neute
knypie sout
1 kop kookwater
1 kop suiker
1 teel koeksoda in melk
1 kop gesnyde dadels
2 kop meelblom
SO GEMAAK:
Gooi kookwater oor dadels. Room botter en suiker en voeg eiers een een by. Voeg dadels, lemoenskil en neute by. Meng laastens meel en melk om die beurt by
Bak in gesmeerde panne by 180 g vir 25-30 min. Haal uit oond en gooi koue stroop oor.
STROOP:
Meng sap van 2 lemoene, 2 teel gerasperde skil en 1 kop suiker, smelt dan oor lae hitte,Laat goed verkoel en gooi oor warm koek.
Dien saam met heerlike vanilla roomys