Thursday 21 June 2018

Granolastafies met sjokoladesplinters



Granolastafies met sjokoladesplinters
Bereidingstyd: 15 minute
Baktyd: 15 minute
Bestanddele:
1 pak Sasko Quick Treats Cookie Mix
140 g botter
1 groot eier
50 g heuning
150 g hawermout
100 g sjokoladesplinters
½ t fyn kaneel
85 okkerneute, grofgekap
85 g rosyntjies
170 g droë appelkose, grofgekap
85 g pampoenpitte
50 g gemaalde amandels
50 g sonneblomsaad
Metode:
Voorverhit die oond tot 180 °C en voer ’n bakplaat met bakpapier uit. Berei die koekiemengsel met die botter en eier volgens die aanwysings op die verpakking. Smelt die heuning en voeg by die koekiemengsel. Voeg al die droë bestanddele by en meng. Druk die mengsel in die bakplaat vas. Bak vir 15 minute of tot goudbruin. Laat afkoel en sny dan in stafies.