Wednesday 13 June 2018

Elwina se vis-lus-dis



Elwina se vis-lus-dis
Bestanddele
1 ui, gekap
2 eetlepels olie
1 eetlepel mosterd
800g stokvis, ontdooi
sout, peper en rooipeper
2 teelepels visspesery
2 koppies graanvlokkies
2 koppies kaas, gerasper
1 koppie vars room
Metode
Braai die ui in die olie.
Voeg die mosterd by.
Geur die svis met die sout, peper, rooipeper en visspeserye.
Voeg die 1 koppie graan vlokkies in 'n oondbak.
Bedek dit met die uie.
Plaas die vis bo-op.
Voeg die kaas bo-op en dan die laaste koppie graanvlokkies.
Giet die room oor.
Bak onbedek teen 180 grade vir 45 minute.
(RSG)