Tuesday 15 May 2018

Swartwoudkoek



Swartwoudkoek
Koop of bak ’n tweelaag sjokoladekoek en sny elke laag horisontaal in twee.
Vulsel:
Dreineer 2 x 410g rooi kersies en hou 200ml van die stroop. Ontpit kersies indien nodig en hou 12 eenkant vir versiering. Meng 40ml mielieblom en 200ml kersiestroop en kook tot dik en deursigtig. Kleur rooi met voedselkleursel en voeg kersies by. Meng en laat afkoel. Strooi 15ml gelatien op 50ml water en laat week. Smelt mengsel in mikrogolf. Klits 500ml room tot amper styf en klits gelatien geleidelik by; klits tot styf. Klits 15ml strooisuiker by en geur met bietjie Kirsch. Besprinkel die koeklae met Kirsch. Smeer kersiemengsel en roommengsel om die beurt op koeklae en druk liggies vas. Smeer room bo-op en langsaan. Bespuit met roomrosies en versier met kersies. Verkoel goed voor opdiening.