Tuesday 15 May 2018

SPEK-EN-SAMPIOENRISOTTO



SPEK-EN-SAMPIOENRISOTTO
6 porsies
60 ml (4 e) botter
3 preie, in skyfies gesny
5 ml (1 t) vars knoffel, gekap
2,5 ml (½ t) gedroogde Italiaanse kruie
250 g (1 pakkie) sampioene, dik skywe gesny
125 g (½ pakkie) spek, in blokkies gesny
625 ml (2½ k) arboriorys
1,75 lhoenderaftreksel
30 ml (2 e) gerasperde, fyn parmesaankaas
1 Smelt botter en soteer preie, knoffel, Italiaanse kruie en sampioene tot uie sag is. Skep uit.
2 Braai spek tot gaar en skep uit.
3 Roer rys in pan tot dit met botter en vet van spek bedek is.
4 Voeg ongeveer 250 ml (1 k) warm aftreksel by rys. Laat prut oor lae hitte tot amper weggekook. Hou aan met byvoeging van aftreksel tot al die aftreksel opgebruik is.
5 Roer sampioenmengsel, spek en parmesaan by.
6 Sit dadelik voor.