Tuesday 15 May 2018

Rooilensie Sop



Errieda se bruidsop van rooilensies
Bestanddele
1 knoffelhuisie, fyn gekap
1 ui, fyn gekap
bietjie olie of botter vir braai
5 ml komyn
45 ml tamatiepasta
5 ml soet paprika
200 g (opgehoopte koppie) rooi lensies, afgespoel
45 ml bulgurkoring, afgespoel (of 125 ml rys)
1.5 liter hoender- of groenteaftreksel
sout en peper
Bediening
15 ml droë kruisement, net so of gemeng met sagte botter
rissievlokkies
suurlemoensap
Metode
Braai die knoffel en uie liggies tot sag en deurskynend.
Voeg die tamatiepasta, paprika en komyn by, en kook 2 minute terwyl jy roer.
Voeg die lensies, bulgurkoring en aftreksel by.
Bring tot kookpunt, en prut vir sowat 30 minute terwyl jou nou en dan roer om te keer dat dit vassit.
Sodra die lensies sag is, blits die sop met ‘n handstaafmenger tot redelik glad.
Proe en pas die smaak aan met sout en peper.
Skep in sopbakkies, sprinkel droë ment oor, of bedien met ‘n klontjie botter, rissievlokkies (as jy wil) en ‘n drupsel suurlemoensap.


Ezogelin, ‘n verleidend-lekker rooilensiesop Is vernoem na ‘n jong Persiese bruid Ezo, ‘n pragtige vrou wat nou al ‘n legende in Turkeye geword het. Die man op wie sy verlief was het haar gevfa om te trou, maar met een voorwaarde - sy moes eers sy ma ontmoet en Skoonma was maar ‘n baie moeilike mens. Sy het hierdie rooilensiesop gemaak om in haar goeie boekies te kom. Wel, sy en haar man het later 9 kinders gehad, so Skoonma was sekerlik baie beïndruk. Die sop, wat uit die suid-oostelike deel van Anatolië kom, word nou oral in Turkeye geëet, veral vir ontbyt. Die rooi lensies kook baie vinnig en hoef glad nie vooraf geweek te word nie. Dit is voedsaam met hoë vlakke van minerale soos yster. Die smaak is subtiel en die lensie kook heeltemal sag. Die geure van die droë kruisement saam met lensies is ‘n heerlike nuwe ontdekking. Die bulgurkoring is ‘n gestampte koring wat effens verwerk en halfgaar gemaak is. Rys kan ook gebruik word. Ment paai die senuwees en verskerp die sintuie.