Monday 21 May 2018

ROMERIGE BIER-SPEK BROODPOEDING



ROMERIGE BIER-SPEK BROODPOEDING
1 x 250 g pak spekvleis, gesnipper
1 Italiaanse brood, in skywe van 1 cm gesny
100 g sagte botter, vir smeer
625 ml gerasperde, sterk cheddar-kaas
4 eiers
125 ml room
15 ml heelkorrelmosterd
Knippie suiker
Vars gemaalde swartpeper na smaak
1 x 340 ml blikkie ligte bier
METODE:
Braai die spek in ’n droë pan tot bros. Skep uit en hou eenkant. Smeer die brood met botter en maak dik kaastoebroodjies daarvan met die gerasperde cheddar.
Pak die kaastoebroodjies in ’n enkellaag in ’n gesmeerde oondbak sodat hulle effens oorvleuel. Sprinkel die spek bo-oor.
Klits die eiers, room, mosterd, suiker en peper saamen voeg die bier by. Klits liggies tot gemeng. giet oor die brood en spek in die oondbak en druk gaatjies in die brood met ’n sosatiestokkie of vurk sodat die eier-en-biervla goed kan intrek.
Laat staan vir 30 minute sodat die brood goed deurdrenk kan word. Voorverhit die oond tot 180°C en bak die broodpoeding vir 30 - 40 minute tot deurgaar.
Sit warm voor met ’n mengselslaai. Lewer ses porsies.
Bron: Landbou