Wednesday 9 May 2018

Plaatkoekies vir Ontbyt


PLAATKOEKIES VIR ONTBYT

6 porsies

Bestanddele

250 ml (1 k) koekmeel
5 ml (1 t) bakpoeier
knypie kaneel
knypie sout
90 ml (6 e) strooisuiker
187 ml (¾ k) karringmelk
1 eier
20 ml (4 t) olie

Metode

1. Sif meel, bakpoeier, kaneel en sout saam.
2. Roer suiker by meelmengsel.
3. Klits karringmelk, eier en olie saam en roer by meelmengsel.
4. Verhit bietjie olie in pan en bak teelepels vol beslag in warm pan.
5. Sit saam met gouestroop voor.