Thursday, 26 April 2018
Vetkoek
Vetkoek
Bestandele
Kookolie vir vlak braai
1 Koppie Kookwater
2 Eiers
Knypie Sout
2 Teelepels Bakpoeier
2 Eetlepels Suiker
2 Koppies (500ml ) Koekmeelblom
Aanwysigings
Sif die koekmeelblom, suiker, bakpoeier en sout saam. Klits die eiers in ‘n aparte mengbak. Klits die kookwater by die eiers: klits goed. Voeg die eiermengsel by die meelmengsel en klop met ‘n houtlepel tot goed gemeng; die beslag is slap.
Skep dessertlepelsvol beslag in matig warm kookolie in ‘n braaipan. Braai die vetkoek totdat die onderkant goudbruin en die bokant vol lugborrels is. Draai om sodat die bokant ook goudbruin kan braai. Plaas die vetkoek op kombuispapier sodat alle oortollige olie daarin kan dreineer. Sit die vetkoek warm voor met botter en heuning of appelkooskonfyt óf met maalvleis. (Die resep afgeskryf uit Huisgenoot Wenresepte)
English recipe…
Ingredients:
Oil to deep fry
1 cup of boiled water…(I used hot water and not boiled water)
2 eggs
Pinch of salt
2 teaspoons of baking powder ( I used 4!)
2 dessert spoons of sugar (I didn’t add any sugar…more healthy)
2 cups (500ml) of Flour
Directions:
Sift dry ingredients. Whisk the eggs and add the water. Add to the dry ingredients
and mix the batter with a wooden spoon. Drop large spoonfuls of batter in warm oil.
Make sure you’re oil is not too hot! Fry both sides well, till it’s golden brown.
Enjoy with a beef mince filling/syrup/honey/jam….whatever taste you like….this recipe produces about 6-10 “vetkoeke”/fat cakes…depending on the size.