Friday 13 April 2018

Soet-suur lewer met gebraaide uie



Soet-suur lewer met gebraaide uie

Bestanddele:
  • 1 kg lamslewer
  • 5 ml Texan Sizzling Stek-speserye
  • 5 ml droë gemengde kruie
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • genoeg olie om vlak te braai
  • 2 groot uie, in skywe gesny
  • 60 ml bruinasyn
  • genoeg suiker om 'n soet-suur sous te maak
  • sout na smaak
Metode:
Verwyder die lewer se buitenste membraan en sny enige oorblywende vet of are weg. Sny die lewer in skyfies.
Strooi die Texan-speserye, gemengde kruie, sout en peper oor die skyfies en laat 30 minute rus.
Verhit die olie in 'n braaipan en braai die lewer vinnig aan beide kante. Moenie die lewer te lank braai nie, anders raak dit droog - die binnekant moet nog pienk wees. Verwyder uit die pan en hou eenkant. Braai die uie vir 5 minute in dieselfde pan tot sag en voeg dan die asyn, suiker en sout by. Proe aan die sous - voeg nog asyn by indien dit te soet is en nog suiker by indien dit te suur is.
Sit saam met kapokaartappels voor.
*Resep uit: Cass Abrahams