Friday 20 April 2018

OUBAAS SE HERTZOGGIES



OUBAAS SE HERTZOGGIES
Kors:
450 ml koekmeel (ongesif afgemeet)
35 ml strooisuiker
10 ml bakpoeier
1 ml sout
125g margarien, by kamertemperatuur
3 eiergele van ekstragroot eiers
15 ml koue water
Vulsel:
50 – 75 ml fyn appelkooskonfyt
3 eierwitte van ekstra-groot eiers
300 ml suiker
500 ml klapper (160g)
Metode:
Kors: Sif die koekmeel, strooisuiker, bakpoeier en sout saam.
Vryf die botter of margarien liggies met die vingerpunte in tot goed gemeng.
Klits die eiergele en water effens, voeg by die meelmengsel en meng tot 'n sagte hanteerbare deeg.
Voeg nog 'n bietjie water by as die deeg te styf is.
Knie die deeg goed, bedek en laat eenkant staan.
Voorverhit die oond tot 180°C.
Smeer die holtes van die kolwyntjiepanne.
Rol die deeg dun uit op 'n meelbestrooide werkoppervlak.
Druk groot sirkels met 'n koekiedrukker uit en voer die panne se holtes daarmee uit.
Vulsel: Skep 'n teelepel appelkooskonfyt in die middel van elke korsie.
Klits die eierwitte tot styf.
Klits die suiker geleidelik in.
Roer die klapper in.
Skep lepels vol van die vulsel op die appelkooskonfyt op die korsies.
Bak die koekies 20 – 25 minute op die middelste oondrak.
Laat hulle effens afkoel in die panne en haal dan versigtig uit en laat heeltemal afkoel op 'n draadrak (of eet dit net so warm as jy nie kan wag nie).
Maak 12 – 15 koekies.