Thursday, 26 April 2018
Maalvleispastei
Maalvleispastei
4 porsies
Bestanddele
MAALVLEIS
bietjie olie
1 ui, gekap
5 ml (1 t) vars knoffel, gekap
2,5 ml (½ t) droë pietersielie
2 selderystingels, fyngekap
700 g beesmaalvleis
2 ml sout
swartpeper na smaak
45 ml (3 e) bruinuiesoppoeier
375 ml (1½ k) kookwater
45 ml (3 e) tamatiepasta
5 ml (1 t) bruinsuiker
MIELIEKORS
500 ml (2 k) bruismeel
1 ml sout
60 ml (4 e) botter
410 g (1 blik) geroomde suikermielies
30 ml (2 e) volroommelk
Metode
Stel oond op 200 °C.
1.Maalvleis Verhit bietjie olie en soteer ui, knoffel en pietersielie vir drie minute.
2.Voeg seldery by en soteer nog drie minute.
3.Voeg maalvleis by en soteer tot verkleur. Geur met sout en peper.
4.Maak bruinuiesoppoeier met kookwater aan.
5.Voeg dit by maalvleismengsel. Roer tamatiepasta en bruinsuiker by en laat vir nog vyf minute sonder deksel oor matige hitte prut.
6.Skep maalvleis in gesmeerde oondbak van ongeveer 24 cm x 18 cm.
7.Mieliekors Sif bruismeel en sout saam. Vryf botter by meel in tot dit soos broodkrummels lyk.
8.Meng roommielies en volroommelk. Voeg mieliemengsel by meelmengsel en roer tot sagte deeg.
9.Skep deeg bo-op maalvleis en maak gelyk bo-op.
10.Bak vir 35 minute of tot goudbruin bo-op en gaar.
11.Sit warm saam met slaai voor.
(Vrouekeur)