Wednesday 25 April 2018

Groenboontjiebredie



Die Wikke se hunkerkos (Groenboontjiebredie)
Bestanddele
1 kg lam/skaap stowevleis
2 uie, gekap
5 aartappels, geskil en gesny
250 g patat, geski en gesny
1 kg groenbone, gekap
5 ml suiker
10 ml asyn
5 ml sout
5 ml witpeper
Metode
Plaas die vleis en uie in 'n kastrol, en bedek met water.
Prut stadig, met deksel skeef op, vir 1½ uur.
Voeg die aartappel, patat en bone by.
Prut totdat aartappels sag is.
Maak 'n smeer van suiker, asyn, sout en peper, en voeg dit by.
Die geheim van die dis is dat jy so min moontlik moet roer.
Moenie karring met die dis nie.
(RSG)