Tuesday, 10 April 2018

EENBAK MAALVLEIS GEREG



EENBAK MAALVLEIS GEREG
Stel oond op 180 gr C.
Smeer casserol
Braai 750 gr maalvleis met 1 gekapte ui in aparte pan.
Sprinkel met sout en peper.
Skep onder -in casserol, smeer lagie chutney van jou keuse, bo-oor.
Gooi 1 k rou rys bo-oor, dan een blikkie minestrone of sampioen sop en 1 blikkie room sampioene bo-oor.
Gooi dan 2 k kookwater oor en bedek met tinfoelie, bak vir een en ‘n half uur tot gaar en rys sag en uitgeswel.
Gooi gerasperde kaas bo-oor en smelt in oond, bedien met groente van jou keuse.
(RSG)

No comments:

Post a Comment