Wednesday 4 April 2018

Aartappel Gereg



Aartappel Gereg
Benodig:

- 250g streaky spek
- 250ml mayonnaise
- 250ml blatjang (gewone of perske)
- 250ml kook water

- 8 – 10 medium aartappels
- 2 uie
- 1 pakkie wit uie sop poeier

Metode:

1.Skil en kook die aartappels tot gaar.
2.Terwyl die aartappels kook, kap die uie fyn en die spek en braai in ‘n klein bietjie kook-olie in ‘n pan
3.Sodra die aartappels gaar is, sny dit in skywe en plaas in oondvaste bak.
4.Gooi die uie en spek bo-oor.
5.Meng die mayonnaise, blatjang en sop poeier, meng deeglik! Voeg dan die kook water by (eers na die ander drie bestanddele goed gemeng is, anders gaan dit klonte vorm).
6.Gooi die mengsel oor die aartapples
7.Bak teen 180grade in ‘n voorverhitte oond tot goud-bruin in kleur.