Monday 26 March 2018

Pampoenbrood met spek


Pampoenbrood met spek
2 koppies koekmeel
2 teelepels bakpoeier
½ teelepel sout
1 teelepel fyn kaneel
¼ koppie suiker
1 koppie karringmelk
1 koppie gaar botterskorsie, fyngedruk (500g)
½ koppie rou botterskorsie, fyngerasper
250g strepiesspek in blokkies gesny
¾ koppie esdoringstroop of taai bruinsuiker
4 eetlepels botter
Voorverhit oond op 220°C.
Smeer 'n glasbak met botter of spuit dit goed met kleefwerende sproei.
Meng die droë bestanddele saam en sny dan dit botter in totdat die beslag soos droë broodkrummels lyk. Roer die karringmelk en gaar botterskorsie in tot net-net gemeng vou nou die rou botterskorsie by. Sprinkel die spek, esdorpingstroop / bruinsuiker en botter op die bodem van die bak en skep die beslag bo-op. Bak vir so 15 - 20 minute tot gaar. Keer dit dadelik uit op 'n bord en bedien dadelik.