Tuesday 27 March 2018

PAASEIER BROWNIE STAFIES



PAASEIER BROWNIE STAFIES
Vir die Brownies:
100 g donker sjokolade
50 g botter
125 g strooisuiker...
2 eiers
30 g koekmeelblom
30 kakao poeier
Vir die Vulsel:
110 g botter
500 g versiersuiker
5 ml vanilla geursel
60 ml melk
geel voedselkleursel, opsioneel
Vir Versiering:
100 g melksjokolade
18-24 "Speckled Eggs"

Voorverhit die oond tot 180 grade. Smeer of spuit 'n klein broodpannetjie deeglik.

Vir die Brownies: Smelt die donker sjokolade en botter op lae hitte in die mikrogolf of oor kookwater. Meng goed en laat effens afkoel. Meng die strooisuiker, eiers, koekmeelblom en kakao saam en klits die sjokolademengsel stadig by die meel. Klits tot goed gemeng. Gooi uit in die voorbereide pannetjie en bak vir 10-15 minute tot gaar. Laat in die pannetjie afkoel, en keer dan op 'n
draadrakkie uit.

Vir die Vulsel: Meng al die bestanddele saam met 'n elektriese klitser tot romerig.

Sny die brownies in 6-8 stukke, afhangende van hoe groot jy dit verkies. Skep van die vulsel bo-op elke brownie. Smeer die vulsel na die middel toe, sodat dit hoer in die middel is. Plaas in die yskas om te set.

 Vir Afronding: Smelt die melksjokolade in die mikrogolf of oor kookwater. Plaas die brownieskywe op waspapier of op 'n draadrakkie en skep die gesmelte sjokolade bo-oor.  Druk 2-3 "Speckeld Eggs" bo-op elke brownie vas en laat eenkant om te set.