Monday 26 March 2018

HOENDER FAJITAS



HOENDER FAJITAS
Genoeg vir 6 mense
2 hoenderborsies, in skywe gesny
5 ml (1 t) droë gemengde kruie
5 ml (1 t) fyn komyn
sout en vars gemaalde swartpeper
olie vir braai
6 tortillas
1 rooi en 1 groen soetrissie
2 rooi brandrissies, gekap
3 sprietuie, in skywe gesny
½ kop blaarslaai
125 ml (½ k) suurroom
METODE:
1 Meng die hoender, gemengde kruie, komyn, sout en peper in ’n bak.
2 Verhit ’n bietjie olie in ’n braaipan oor hoë hitte en braai die hoender tot verbruin en gaar terwyl jy dit dikwels omdraai.
3 Rooster die tortillas een-een 2 minute weerskante in ’n droë braaipan oor matige hitte.
4 Vou die hoender, soetrissies, brandrissies, sprietuie, slaaiblare en suurroom in die tortillas toe en sit voor.