Thursday 29 March 2018

Framboos & Witsjokolade Vierkante


Framboos & Witsjokolade Vierkante

Krummelkors:
200gr. Botter, in blokkies gesny
1K. Witsuiker...
375gr. Koekmeel
1t. Bakpoeier
1 Groot Eier
1tsp. Vanieljegeursel
Vulsel:
½K. Witsuiker
1E. Mielieblom
300gr. Frambose
100gr. Witsjokolade, gekap
Skil van 1 Suurlemoen
Sap van ½ Suurlemoen

Metode:
Vryf die botterblokkies tesame met die suiker, koekmeel, bakpoeier, eier en vanielje met jou vingers tot ‘n krummelagtige deeg vorm.
Druk die helfte van die deeg in die bodem van jou oond pan (22cm x 30cm). Verkoel die res vir ‘n paar minutes. Die koue deeg is makliker om te breek vir die bolaag.
Maak die vulsel deur die suiker en die mielieblom te meng in ‘n mengbak.
In ‘n ander mengbak kan jy die frambose, suurlemoenskil en sap saam meng. Gooi nou die suikermengsel by die frambose en meng versigtig deur.
Skep die frambose oor die krummelkors en vresprei dit egalig. Sprinkel nou die sjokolade oor.
Neem nou die orige deeg en breek dit in krummels oor die vulsel, werk die in ‘n egalige laag tot teen die kante van jou oondbak.
Bak teen 180ºC vir 40 minute. Verwyder die oondpan en laat effens afkoel voor jy dit kleiner sny.

(Geure uit die Vallei)