Monday, 26 March 2018

BACON & AARTAPPEL GEREG



BACON & AARTAPPEL GEREG
Oond 180°C.
KOOK:
4 groot aartappels, nie sag, nog effe styf.
Trek skillle af en sny in blokkies of skywe.
Pak in groot oondbak.
BRAAI IN BIETJIE OLIE TOT GAAR:
2 groot uie, gekap
1 pak bacon, in stukkies geknip
Sny 1 tamatie in stukkies en roer by, gooi bo-oor aartappels.
MENG SAAM:
1 blik sampioen roomsop,
½ kop mayonaise,
½ kop blatjang,
sout en peper.
Skep bo-oor aartappels en strooi gerasperde kaas bo-oor.
Bak vir 30 minute tot effe bruin.
(Radio Namakwaland)

No comments:

Post a Comment