Monday 26 March 2018

AARTAPPEL PANNEKOEKIES



AARTAPPEL PANNEKOEKIES
Sit hierdie heerlike pannekoekies vir ontbyt voor saam met appelsous

250 g rou aartappels geskil en fyn gerasper
60 ml melk
2 eiers
1 kleinerige ui gerasper
2 ml bakpoeier
Sout na smaak
Kookolie vir vlakbraai

Plaas die gerasperde aartappels in n sif sodat die ergste water kan uitloop.
Klits die melk en eiers.
Sif die droe bestandele en klits by die melk mengsel.
Voeg die aartappels en ui by en meng deur.
Verhit n pan oor meduim hitte met net genoeg olie om die boom van die pan te smeer.
Braai lepelsvol van die beslag tot goudbruin aan beide kante.(druk die beslag effe plat wanneer jy n lepelvol in die pan geskep het)
Dreineer op kombuis papier.