Wednesday, 6 December 2017
Tamatietert
Tamatietert
1 vel gevriesde skilferkorsdeeg
2 e druiwepitolie
125 g ricotta
125 g sagte bokmelkkaas
2 groot eiers
⅓ k vars basiliekruid
½ t sout
350 g gemengde jong tamaties
grofgemaalde swartpeper
1.Plaas skilferkorsdeeg op vlak bakplaat (24 cm x 35 cm).
2.Druk met vingerpunte tot teen die kante, prik bodem met vurk.
3.Verf met 1 eetlpl olie.
4.Meng ricotta, bokmelkkaas, eiers, basiliekruid en sout saam.
5.Smeer oor skilferkorsdeeg.
6.Sny tamaties in ronde skyfies en rankskik bo-op.
7.Sprinkel met res van olie.
8.Bak in oond teen 180 ˚C vir 30 minute of tot goudbruin.
9.Verwyder uit oond en geur met swartpeper.
10.Gebruik pizzawiel en sny in repe.
11.Bedien louwarm of teen kamertemperatuur.