Wednesday 13 December 2017

Pizzabraaibroodjie



Pizzabraaibroodjie
Vir 4 | Voorbereityd 5 minute | Gaarmaaktyd 15 minute
Jy benodig
...
• 2 gekoopte pizzabasisse
• 3 eetlepels blatjang
• 1 tamatie, in skywe gesny
• ¼ ui, in skywe gesny
• ½ koppie cheddar, gerasper
Só maak jy
1. Sorg dat die pizza-basis ontdooi is. Smeer een pizzabasis met blatjang. Pak die tamatie en uie daarop en sprinkel die kaas oor. Sit die tweede basis bo-op.
2. Braai die broodjie in ’n toeknyprooster oor matige kole – moenie die rooster toeknip nie, dit help net met die omdraaislag wanneer jy dit effens kan toemaak.
3. Wag totdat die kaas gesmelt het. Haal dan die broodjie van die rooster af en sny dit in skywe. Eet so warm rondom die rooster.
WENK: Vul die pizza met gaar maalvleis en kaas, of sit gebraaide sampioene of gaar spekstukkies by.