Wednesday, 6 December 2017
Gebraaide Waatlemoen, garnale en haloumi-kaas sosaties
Gebraaide Waatlemoen, garnale en haloumi-kaas sosaties
Bestanddele
•Waatlemoen
•1kg Garnale
•500g Halloumi kaas
•250g Feta kaas
•Vars Basilie
•Swart peper
•Sakkie Lemmetjies
Metode
1.Week die garnale in lemmetjiesap.
2.Sny waatlemoen en halloumi-kaas in blokkies.
3.Sny lemmetjies in skywe.
4.Ryg die sosaties in die volgende orde; lemmetjie, garnaal, halloumi, waatlemoen en herhaal.
5.Wenk: Plaas die lemmetjie se ‘skil kant’ na buite, sodat as die lemmetjie gedruk word, die sap oor die garnaal loop as die stokkie regop gehou word.
6.Plaas sosaties op vuur. Swartpeper na smaak. Draai minstens een keer.
7.Braai totdat garnale gaar is.
8.Garneer met feta kaas en basilie-blare