Wednesday, 6 December 2017
Cremora-driehoekkoek
Cremora-driehoekkoek
250 g Cremora
125 g kookwater
1 blik kondensmelk
125 ml vars suurlemoensap
200 g tennisbeskuitjies
Marachino-kersies
1.Klits Cremora en kookwater saam tot opgelos, plaas in yskas vir 30 minute.
2.Gooi suurlemoensap en kondensmelk saam by Cremora-mengsel en klits baie goed tot dik – sowat 5 tot 10 minute.
3.Plaas mengsel in yskas vir nog ‘n halfuur.
4.Pak 3 x 3 rye tennisbeskuitjies op ‘n groot stuk foelie.
5.Smeer Cremora-mengsel baie versigtig bo-op beskuitjies en mooi gelyk. Pak die kersies in middelste ry.
6.Vou buitenste ry koekies sodat die kersies in die middel is en ‘n driehoek vorm. Vou mooi toe met foelie. Plaas in yskas of vrieskas.
7.Giet sjokolade bo-oor koek en plaas weer in yskas tot hard. Sny in skywe en bedien dadelik.