Wednesday, 22 November 2017

Soutklei Kersboom Versierings




Soutklei Kersboom Versierings
•Groen Gekookte soutklei (resep volg)
•Verskillende Kerfees koekiedrukkers
•Strooitjie
•Kleirollertjie...
•Kleibord of skinkbord


•Lint of blink tou
•Verskillende versierings, kraletjies, blinkertjies, pypskoonmakers, klokkies ens.

Metode:

Mammas berei die gekookte soutklei voor en laat die klei afkoel. (Bêre ongebruikte klei in ‘n lugdigte houer in die yskas.) Sodra die klei afgekoel is, knie dit ‘n paar keer deur om die klei sag en elasties te maak.

Laat kinders die klei lekker plat uitrol op ‘n kleibord of ‘n gladde skinkbord, verleen hulp om die klei se dikte min of meer eweredig te kry. Gebruik die koekiedrukkers en druk verskillende vorms in die klei.

Gebruik die strooitjie om gaatjies bo die kleivorms te druk waardeur die lint of toutjie geryg kan word.

Sodra daar genoeg vorms is kan kinders begin met die versiering. Druk die versiering in die nat klei in en laat so om droog te word. Plak enige verlore of verdere versierings later sodra die klei uitgedroog is.

Die klei vat so ‘n week om uittedroog en ek het gevind dat die gekookte soutklei nie bros of verbrokkel nie. Versier die kersboom of kersgeskenke daarmee.

Mikrogolf Soutklei

Hierdie is ‘n gewone gekookte soutklei resep wat in die mikrogolf verhit word in stede van op ‘n stoofplaat.

250ml water
1 eetlepel olie
125ml sout
1 eetlepel kremetart
250ml koekmeel
Optioneel: voedselkleursel

Gebruik ‘n hittebestand bak om die kleimengsel in die mikrogolf te verhit

Meng die water, olie, sout en kremetart saam in die bak.

Plaas in die mikrogolf vir ongeveer 2minute verwyder sodra die mengsel begin borrel en bruis.

Meng die koekmeel by en roer, los die mengsel ‘n oomblik om af te koel sodat dit geknie kan word.

Om te verhoed dat die mengsel uitdroog plaas ‘n nat lap oor die bak.

Sodra die klei koel genoeg is om aan te vat knie die deeg tot dit ‘n elastiese bal vorm.

Bere die klei in ‘n lugdigte houer of alternatief los die soutklei skeppings buite om uit te droog.
  
Bron:  Facebook / In en om die huis member shared