Wednesday, 22 November 2017
Sjokoladekoek
Sjokoladekoek - Vrouekeur
Bestanddele
6 ekstragroot eiers, geskei
125 ml (½ k) water
500 ml (2 k) strooisuiker
250 ml (1 k) olie
500 ml (2 k) koekmeel
125 ml (½ k) kakao
2 ml sout
20 ml (4 t) bakpoeier
5 ml (1 t) vanieljegeursel
Versiersel
720 g (2 x 360 g-blikke) gekookte kondensmelk
1 Flake-sjokolade
Metode:
Stel oond op 180 °C.
1.Koek Klits eiergele, water en strooisuiker met elektriese klitser saam tot liggeel en donserig. Roer olie by.
2.Sif koekmeel, kakao en sout saam. Roer by eiermengsel.
3.Klits eierwitte styf. Sif bakpoeier oor styfgeklitste eierwitte en vou by koekbeslag in.
4.Roer vanieljegeursel by.
5.Verdeel koekbeslag tussen twee koekpanne van 22 cm-deursnee wat met bakpapier uitgevoer en met kossproei gespuit is.
6.Bak vir 25-30 minute of tot toetspen skoon uitkom.
7.Laat bietjie in koekpanne afkoel en keer dan op afkoelrakkie uit tot heeltemal afgekoel.