Wednesday 15 November 2017

DRIEHOEK MAASKAASTERT



DRIEHOEK MAASKAASTERT
125 ml botter
125 ml suiker
1 eier geklits
5 ml poeier aangemaak in 10 ml kookwater
250 g gladde maaskaas
125 ml melk
5 ml vanieljegeursel
2 1/4 pakkie vingerbeskuitjies
2 – 3 x 100 g blokke melksjokolade
Klits die botter tot romerig, klits die suiker bietjies gewys by en klits tot romerig. Voeg die eier by. Meng die aangemaakte koffie met die die maaskaas en voeg by die bottermengsel. Verkoel die mengsel tot stewig. Meng die melk en vanielje en doop die vingerbsekuitjies vinnig daarin. Pak op `n groot stuk foelie 3 horisontale rye met vyf vingerbeskuitjies elk. Smeer van die vulsel oor die beskuitjies. Pak weer `n laag vingerbeskuitjies nou met vier beskuitjies in elke ry.Smeer vvulsel oor en hou aan met lae pak tot die laaste laag 3 rye met 1 vingersbeskuitjie is. Vou stewig toe in die foelie en plaas in vrieskas tot hard. Smelt sjokolade en smeer buiteom die tert. Plaas weer in die vrieskas tot benodig.
Wenk: Indien jy die sjokolade en kersies bo-op wil doen, koop sommer die sjokoladesous vir roomys – die wat hard word as jy dit oor die roomys spuit. Gooi dit bo-oor die koek en kersies en sit terug in die yskas sodat die sous kan stol.