8-minuut-jogurtkaaskoek
IN JOU MIKROGOLF
GENOEG VIR 1 TERT...
• 1 x 200 g-pakkie klapperkoekies
• 100 g (110 ml) botter, gesmelt
• 500 ml dik Griekse jogurt
• 1 x 385 g-blik kondensmelk
• 5 ml vanieljegeursel
• 100 g witsjokoladesplinters
Plaas koekies in voedselverwerker en pols by hoë spoed tot fyn.
Voeg botter by en meng tot klam mengsel vorm.
Voer mikrogolfbestande broodpan van 20 x 14 cm se bodem met bakpapier uit en spuit pan goed met kleefwerende kossproei.
Voer pan se bodem uit met koekiemengsel.
Meng res van bestanddele saam en gooi op kors in broodpan. Plaas in mikrogolfoond en verhit 8 minute op hoog.
Laat afkoel tot kamertemperatuur en plaas in yskas vir 4 – 6 uur.
Keer uit op opdienbord en sif versiersuiker oor.
Sit voor met witsjokoladesous van jou keuse.