Wednesday 4 October 2017

Tuna-wieletjies



Tuna-wieletjies
Lewer ± 48 wieletjies
Bestanddele:
Deeg
•500 ml koekmeel
•10 ml bakpoeier
•knippie sout
•15 ml strooisuiker
•187 ml fyngerasperde Cheddarkaas
•125 ml melk
•90 ml olie
Vulsel
•bietjie olie
•1 ui, fyngekap
•2,5 ml gekapte vars knoffel
•2,5 ml droë gemengde kruie
•1 x 185 g-blik tuna in water, gedreineer
•3 hardgekookte eiers, fyngekap
•45 ml pikantrissieblatjang
•2 grasuie, gekap
•knippie rooipeper
Metode:
1.Voorverhit die oond tot 180 °C en voer ’n bakplaat met bakpapier.
2.Deeg: Sif die meel, bakpoeier en sout in groot mengbak. Roer die strooisuiker by.
3.Roer die kaas by en meng goed.
4.Meng die melk en olie en roer by meelmengsel tot ’n deeg vorm.
5.Rol die deeg op ’n meelbestrooide oppervlak tot ongeveer 14 cm x 30 cm uit. Sny die deeg op die lang kant in die helfte deur sodat jy twee langwerpige deegstroke het.
6.Vulsel: Verhit ’n bietjie olie en soteer die ui, knoffel en kruie daarin tot sag.
7.Verwyder van die hitte en roer die oorblywende bestanddele by.
8.Smeer die vulsel oor die deeg maar los 3 cm van die deegrande oop.
9.Rol die deeg soos ’n rolkoek op. Begin by die lang sykant en sny in skyfies van 1,5 cm.
10.Plaas die skyfies op die voorbereide bakplaat en bak vir 15 minute of tot goudbruin.