Friday, 13 October 2017

Ontbyt-Muffins



Ontbyt-Muffins
4 porsies
Muffin
4 skywe ham
10ml olyfolie
1 ui gekap
150g sampioene gekap
sout en peper
6 eiers geklits
15ml pietersielie
25g wit kaas gerasper
4 snye lae GI-brood
Tamatiesous
1 x 410g tamaties in tamatiesous
sout en peper
5ml suiker
10ml basiliekruid
Verhit oond tot 180C. Spuit 'n muffinpan met kossproei. Plaas 'n skyf ham in 4 holtes. Verhit olie en braai uie tot deurskynend. Voeg sampioene by en braai tot sag. Geur met sout en peper. Verdeel die mengsel tussen die 4 muffin holtes. Klits die eiers en geur met sout, peper en pietersielie. Verdeel tussen die vier muffin holtes. Strooi kaas bo-oor. Bak vir 15 - 18 min of tot gestol.
Kook tamaties intussen oor matige hitte saam met sout, peper en suiker. Kook tot sous tot met 'n derde verminder het. Proe en geur na smaak. Voeg bailiekruid by en bedien saam met muffin en broodjie.